Trou musiek by Stellenbosch Vliegklub

Viool en Klarinet vir jou troumars in Stellenbosch en Kaapstad
Viool en Klarinet vir jou troumars in Stellenbosch en Kaapstad

So dit was ‘n “eerste” vir ons om die Troumars gister by ‘n troue by Stellenbosch se vliegveld te speel.  Met die bruidegom wat ‘n vlieënier van beroep is, kon dit eenvoudig nie anders nie!  Wat ‘n aagenamme ervaring.

Terwyl ons alles regkry en opstel, styg en land daar elke nou en dan ‘n ligte vliegtuig op die aanloopbaan.  Dit bly maar net spesiaal om in iemand anders se passie te deel!  Dankie Johannes en Brenda dat ons deel kon wees van julle baie spesiale troudag by die Stellenbosch vliegklub.

Terwyl die gaste aankom, het ons ligte klassieke musiek gespeel – dit skep keer op keer net ‘n rustige atmosfeer.  Brenda het ingestap op Mendelssohn se troumars en met die uitruil van die ringe, het ons J.S. Bach se “Air on a G-string” gespeel.  Die paartjie stap uit op “The Trumpet Voluntary” om die register te gaan teken.

Om jou trou musiek op viool en klarinet  vir jou troueseremonie en foto-uur te bespreek, kontak Elanie by 0836054423 or e-pos gerus by elanie.lagrange@gmail.com
Lieflike uitsig by Stellenbosch Vliegklub troue

Elke troulokaal of wynplaas waar ons speel hou sy eie bekoring in en word met groot opgewondenheid en noukeurigheid deur die bruidspaar uitgekies.  Die Stellenbosch Vliegklub hou sy eie bekoring in met die pragtiste uitsig op die Stellenbosch berge, en dan nog die vliegtuie wat netjies in gelid op die voorgrond geparkeer word.  Ná die Kaap van Storms se stormweer ons gister byna ontsenu het vir hierdie troue, was ons bederf met windstil sonskynweer en ‘n oopgetrekte hemel.  Vir meer kon ons nie vra nie!

As jy jou troudag herhinneringsvol en spesiaal wil maak met jou troumusiek op viool en klarinet, kontak Troumusiek by elanie.lagrange@gmail.com vir ‘n gratis demonstrasie.  Dis waar ons ontmoet en uittreksels uit al die bekende troumarse speel en net lekker gesels oor jou troumusiek en hoe alles op die dag gaan werk.  Jy kan ook skakel/WhatsApp by 0836054423

Hoor graag van jou!

Troumusiek-Groete

Advertisements

Troumusiek by Zonnevanger (Paarl, Kaapstad)

Troumusiek in die Kaap is groot!  Gister was ons viool en klarinet troumusiek-duo bevoorreg om vir die eerste keer musiek vir ‘n troue by Zonnevanger trouvenue in die Paarl te speel.

JeVioolspeler Troumusiek Zonnevanger_opt-Maine en Brandon het ons bykans ‘n jaar gelede al  hul troumars musiek vir hul troue bespreek om seker te maak ons is Paasnaweek 2016 op eie bodem en beskikbaar om die troumars by hul troue te kan speel.

Soos altyd, daag ons ongeveer ‘n uur voor die troue begin, op om op te stel, instrumente op te warm, te stem, ens.  Dan maak ons vinnig kennis met die DJ en die organiseerder en bevestig dat alles in plek is soos vooraf bespreek.

Zonnevanger, wat voorheen as Edenheim bekend gestaan het, het sedert ons vorige optredes nogal ‘n groot gedaanteverwisseling ondergaan.  ‘n Paar nuwe veranderinge is aangebring.

‘n Groot houthek is gebou daar waar die bruid begin instap.  Loer gerus op die Zonnevanger webtuiste na die pragtige foto’s wat by die hek geneem is!  Die sementpaadjie met inleg-mosaiekwerk is keurig versier met turkoois-kleurige insetsels.

cropped-troukar-troumusiek-zonnevanger.jpg Daar is ‘n reeks gietyster “arches” al langs die paadjie aangebring wat versier was met troublomme – dit skep die mees romantiese prenjie denkbaar.  Dan is daar nog die klok wat vir ons die hoogtepunt was.  Net voor die bruid instap, word die houthek toegemaak en die vyf luie van ‘n slaweklok dui die bruid se koms aan.

Al die gaste staan sommer spontaan op en wanneer ons die troumars begin speel, kraak die hekke oop en breek die bruid se groot oomblik aan.  Wat ‘n wonderlike hoogtepunt!

Bruid Zonnevanger Troumusiek_optBy vandag se troue het die bruid in hierdie pragtige klassieke swart motor by Zonnevanger opgedaag.  Op die foto regs kan julle die blomme en die paadjie sien waarna ek hierbo verwys het.

Ons speel nie tradisioneel vir die bruidegom sy eie instap-lied nie, maar vandag se bruidegom en sy moeder het op een van ons gunsteling Mozart Minuette ingestap, gevolg deur die bruidsmeisies wat op Bach se “Air on a G-string” binnegestap het.  Die bruid het vir haarself “Canon in D”  as troumars gekies om op in te stap, sekerlik een van die mees klassieke bruidsliedere en dit het pragtig by haar tema ingepas.

Fiets troumusiek Zonnevanger_optTerwyl die ringe uitgeruil is, het Troumusiek  vir die paartjie “Arioso” van Bach gespeel, en met die uitstap die “Trumet Voluntary”.

Dit bly maar lekker om te trou!  En ek weet dit sal altyd ons passie bly om in verliefdes se hoogtepunt van hul bestaan te deel!

Om Troumusiek vir jou troue te bespreek, kontak Elanie per e-pos by elanie.lagrange@gmail.com of skakel of WhatsApp by 0836054423.

Bespreek nou reeds vir somer 2016/2017!  Ander dag toe kry ek so lag….in die nuwe Afrikaanse fliek “Vir Altyd” word iemand ontsteld oor hul die “band” al 6 maande voor die tyd bespreek het.   Ses maande is soms genoeg tyd, maar Troumusiek beveel eerder 8-10 maande vooruit aan.  L.W. Ons is weeksdae ook beskikbaar om op jou troue of funksie te speel, so doen gerus ‘n beskikbaarheidsnavraag en dring aan op jou weeksdag-afslag!

Mooiloop!

 

Rhenish Sendingkerk troumusiek! ~11 Februarie 2017 ~

Vir jou troumusiek en troumars op viool en klarinet, kontak Elanie per e-pos by elanie.lagrange@gmail.com of skakel 083605423
Duo Decadence en Phebe by  Rhenish Sendingkerk op Stellenbosch

Wat ‘n aangename troue in die mooiste klein kerkie in die hartjie van Stellenbosch!  Die bruidsmeisies stap in op die rustige Canon in D en die bruid op Wagner se troumars.

Phebe la Grange het, op spesiale versoek van die bruid, saam met ons ‘n sang-item gelewer – Shania Twain se “From this Moment”.  Phebe is ‘n voormalige solis van die wêreldbekende Tygerberg kinderkoor en haar lewe bestaan letterlik uit sing, sing en nogmaals sing!

Wat ‘n aangename ervaring om saam met hierdie passievolle, entoesiastiese engelstem te kon optree!

Vioolmusiek vir jou troumars en vooraf-musiek terwyl gaste aankom, asook vir die pre-drinks en canape uur. Kontak Elanie 0836054423 of e-pos elanie.lagrange@gmailc.om
Troumusiek Stellenbosch

Ons duo op viool & klarinet speel vooraf-musiek terwyl jou gaste opdaag, ‘n instaplied vir die bruidsmeisies en natuurlik die troumars vir die bruid.

Terwyl die register geteken word, speel ons gewoonlik ook iets gepas.  En as die bruidspaar die kerk verlaat, ‘n triomfantlike uitstaplied.

Tydens die canapes en pre-drinks uur, vermaak ons jou gaste op bekende, ligte klassieke musiek.

As jy graag vioolmusiek vir jou troue wil bespreek, kontak Duo Decadence by elanie.lagrange@gmail.com of skakel 0836054423.  Ons hoor graag van jou!

 

 

 

Tokara Vioolmusiek

Vioolmusiek vir jou ete by Tokara - vir viool en klarinet duo, kontak Elanie by 0836054423, of e-pos gerus by elanie.lagrange@gmail.com. Vioolmusiek vir enige funksie!
Tokara Vioolmusiek by Ete

Tokara wynlandgoed en Vioolmusiek is sinoniem en goeie pasmaats!  Hoewel hierdie optrede nie vir ‘n troue was nie, sou ons ligte klassieke en kontemporere musiek ewe goed gewerk het.

Die akoestiek is klokhelder en pragtig, maar subtiel genoeg sodat gaste mekaar steeds maklik tydens geselsies kan hoor.

Die plafonne wat regtig hoog is, sowel as die dubbel volume spasie, sorg vir klank wat lekker ver trek en al jou gaste bereik.

Tokara wedding and birthday music of violin and clarinet. Light classical violin music for your function in Stellenbosch, Tokara. Call Elanie on 0836054423 or e-mail elanie.lagrange@gmail.comOf jy nou besig is om jou troue vir vroeg 2017 te beplan, en of jy ‘n plekkie soek om ‘n spesiale verjaarsdag te vier, Tokara het ons nogal beindruk!

Ons speel by ‘n verskeidenheid venues, en net partymaal kom ‘n mens by daardie een wat jou totaal en al stomslaan… hierdie keer op ‘n goeie manier :-)!

Tokara lewer uitstaande diens en is opreg vriendelik met elkeen wat by sy deure in- en uitbeweeg.  Ons is op die hande gedra en baie goed ontvang met warm gasvryheid en vriendelike gesigte.

Beplan jy 'n spesiale funksie by Tokara en is opsoek na viool agtergrondmusiek? Kontak Elanie by 0836054423 or e-pos elanie.lagrange@gmail.com
Tokara, Stellenbosh

Hoewel ons fokus mos maar musiekmaak is, is dit tog lekker om gasvry behandel te word.  ‘n Hemelruim sterre vir julle, Tokara!  Julle laat almal spesiaal voel!

Om jou viool- en klarinet duo te  bespreek, kontak Elanie by 0836054423 of e-pos elanie.lagrange@gmail.com

Sien uit om van jou te hoor!

 

 

 

Trou musiek by Lanserac Hotel en Spa (Stellenbosch, Kaapstad)

Bespreek musiek vir jou troue op viool en klarinet. Ons speel musiek vooraf, jou troumars, musiek vir jou bruidsmeisies, ringe, register en ook wanneer jy uitstap en confetti kry! Troumusiek verskaf musiek tydens jou pre-drankies en foto-uur. Kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel 0836054423.
Lanserac Trouvenue
Musiek vir Troues

Viool by ‘n troue by Lanserac spel styl, elegansie en ‘n warm atmosfeer.  Gister was vir ons nog so ‘n ervaring toe Zanele en Earl ons gevra het om hul troumars by die Lanserac Hotel en Spa te speel.  Troumusiek in Kaapstad is groot!

Earl en Zanele het presies geweet waarna hul op soek was, hoewel hul nie bekend was met die detail rondom die keuses van troumusiek nie.  Ons het hul genooi na ‘n demonstrasie waar ons uittreksels uit ons troumusiek repertorium gespeel het, voorstelle gedoen het en gou-gou is die keuses gemaak!  Dis altyd ‘n bonus wanneer die bruid presies weet wat haar styl is en waarna sy op soek is.  Selfs al is jy onseker, is die proses steeds pret en ontdek jy iets nuut rondom jousef en waarvan jy hou.

Viool vir jou troumars in Kaapstad! Viool- en Klarinet duo met 25 jaar ondervinding, 57 venues en 100e troues later is trou musiek steeds ons passie. Vir 'n gratis demo, kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel of WhatsApp by 083604423
Viool en Klarinet vir Troues in Kaapstad

Met ons aankoms by die Lanserac, het ons opgestel en instrumente opgewarm.  Ons het net na 11am begin speel terwyl die gaste opgedaag het.  Aanvanklik sou die troue ‘n buite-seremonie wees, maar die Kaap het ons verras met ‘n paar onverwagse reënbuie hier teen die einde van Maartmaand en alles het verskuif na die “Cellar Hall”.

Zanele het gekies om in te stap op die Wagner Troumars, en Arioso van J.S.Bach vir haar bruidsmeisies en klein meisies uitgekies.  Met hul uitstap het Your DJ vir hulle ‘n tradisionele lied gespeel, onder groot toejuiging van die gaste – voorwaar ‘n hoogtepunt op hul troudag!  Na afloop van die register se teken, het al die gaste die pasgetroude paartjie buite op die trappies van die Cellar Hall ingewag en ons Troumusiek duo op viool en klarinet het hul koms feestelik aangekondig deur die Trumpet Tune te speel.  Nodeloos om te verklaar dat hul weereens luidkeels verwelkom is.  Wat ‘n wonderlike ervaring om in die liefde en warmte van ‘n ander kultuur te kon deel!

Ander diensverskaffers saam met wie Troumusiek gister aan diens was, en wat ek enige dag sal aanbeveel, is:

Om jou troumusiek te bepsreek, kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel/WhatsApp by 0836054423.

Sien uit om jou te ontmoet!