Troumusiek by Zonnevanger (Paarl, Kaapstad)

Troumusiek in die Kaap is groot!  Gister was ons viool en klarinet troumusiek-duo bevoorreg om vir die eerste keer musiek vir ‘n troue by Zonnevanger trouvenue in die Paarl te speel.

JeVioolspeler Troumusiek Zonnevanger_opt-Maine en Brandon het ons bykans ‘n jaar gelede al  hul troumars musiek vir hul troue bespreek om seker te maak ons is Paasnaweek 2016 op eie bodem en beskikbaar om die troumars by hul troue te kan speel.

Soos altyd, daag ons ongeveer ‘n uur voor die troue begin, op om op te stel, instrumente op te warm, te stem, ens.  Dan maak ons vinnig kennis met die DJ en die organiseerder en bevestig dat alles in plek is soos vooraf bespreek.

Zonnevanger, wat voorheen as Edenheim bekend gestaan het, het sedert ons vorige optredes nogal ‘n groot gedaanteverwisseling ondergaan.  ‘n Paar nuwe veranderinge is aangebring.

‘n Groot houthek is gebou daar waar die bruid begin instap.  Loer gerus op die Zonnevanger webtuiste na die pragtige foto’s wat by die hek geneem is!  Die sementpaadjie met inleg-mosaiekwerk is keurig versier met turkoois-kleurige insetsels.

cropped-troukar-troumusiek-zonnevanger.jpg Daar is ‘n reeks gietyster “arches” al langs die paadjie aangebring wat versier was met troublomme – dit skep die mees romantiese prenjie denkbaar.  Dan is daar nog die klok wat vir ons die hoogtepunt was.  Net voor die bruid instap, word die houthek toegemaak en die vyf luie van ‘n slaweklok dui die bruid se koms aan.

Al die gaste staan sommer spontaan op en wanneer ons die troumars begin speel, kraak die hekke oop en breek die bruid se groot oomblik aan.  Wat ‘n wonderlike hoogtepunt!

Bruid Zonnevanger Troumusiek_optBy vandag se troue het die bruid in hierdie pragtige klassieke swart motor by Zonnevanger opgedaag.  Op die foto regs kan julle die blomme en die paadjie sien waarna ek hierbo verwys het.

Ons speel nie tradisioneel vir die bruidegom sy eie instap-lied nie, maar vandag se bruidegom en sy moeder het op een van ons gunsteling Mozart Minuette ingestap, gevolg deur die bruidsmeisies wat op Bach se “Air on a G-string” binnegestap het.  Die bruid het vir haarself “Canon in D”  as troumars gekies om op in te stap, sekerlik een van die mees klassieke bruidsliedere en dit het pragtig by haar tema ingepas.

Fiets troumusiek Zonnevanger_optTerwyl die ringe uitgeruil is, het Troumusiek  vir die paartjie “Arioso” van Bach gespeel, en met die uitstap die “Trumet Voluntary”.

Dit bly maar lekker om te trou!  En ek weet dit sal altyd ons passie bly om in verliefdes se hoogtepunt van hul bestaan te deel!

Om Troumusiek vir jou troue te bespreek, kontak Elanie per e-pos by elanie.lagrange@gmail.com of skakel of WhatsApp by 0836054423.

Bespreek nou reeds vir somer 2016/2017!  Ander dag toe kry ek so lag….in die nuwe Afrikaanse fliek “Vir Altyd” word iemand ontsteld oor hul die “band” al 6 maande voor die tyd bespreek het.   Ses maande is soms genoeg tyd, maar Troumusiek beveel eerder 8-10 maande vooruit aan.  L.W. Ons is weeksdae ook beskikbaar om op jou troue of funksie te speel, so doen gerus ‘n beskikbaarheidsnavraag en dring aan op jou weeksdag-afslag!

Mooiloop!

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s