Trou musiek by Lanserac Hotel en Spa (Stellenbosch, Kaapstad)

Bespreek musiek vir jou troue op viool en klarinet. Ons speel musiek vooraf, jou troumars, musiek vir jou bruidsmeisies, ringe, register en ook wanneer jy uitstap en confetti kry! Troumusiek verskaf musiek tydens jou pre-drankies en foto-uur. Kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel 0836054423.
Lanserac Trouvenue
Musiek vir Troues

Viool by ‘n troue by Lanserac spel styl, elegansie en ‘n warm atmosfeer.  Gister was vir ons nog so ‘n ervaring toe Zanele en Earl ons gevra het om hul troumars by die Lanserac Hotel en Spa te speel.  Troumusiek in Kaapstad is groot!

Earl en Zanele het presies geweet waarna hul op soek was, hoewel hul nie bekend was met die detail rondom die keuses van troumusiek nie.  Ons het hul genooi na ‘n demonstrasie waar ons uittreksels uit ons troumusiek repertorium gespeel het, voorstelle gedoen het en gou-gou is die keuses gemaak!  Dis altyd ‘n bonus wanneer die bruid presies weet wat haar styl is en waarna sy op soek is.  Selfs al is jy onseker, is die proses steeds pret en ontdek jy iets nuut rondom jousef en waarvan jy hou.

Viool vir jou troumars in Kaapstad! Viool- en Klarinet duo met 25 jaar ondervinding, 57 venues en 100e troues later is trou musiek steeds ons passie. Vir 'n gratis demo, kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel of WhatsApp by 083604423
Viool en Klarinet vir Troues in Kaapstad

Met ons aankoms by die Lanserac, het ons opgestel en instrumente opgewarm.  Ons het net na 11am begin speel terwyl die gaste opgedaag het.  Aanvanklik sou die troue ‘n buite-seremonie wees, maar die Kaap het ons verras met ‘n paar onverwagse reënbuie hier teen die einde van Maartmaand en alles het verskuif na die “Cellar Hall”.

Zanele het gekies om in te stap op die Wagner Troumars, en Arioso van J.S.Bach vir haar bruidsmeisies en klein meisies uitgekies.  Met hul uitstap het Your DJ vir hulle ‘n tradisionele lied gespeel, onder groot toejuiging van die gaste – voorwaar ‘n hoogtepunt op hul troudag!  Na afloop van die register se teken, het al die gaste die pasgetroude paartjie buite op die trappies van die Cellar Hall ingewag en ons Troumusiek duo op viool en klarinet het hul koms feestelik aangekondig deur die Trumpet Tune te speel.  Nodeloos om te verklaar dat hul weereens luidkeels verwelkom is.  Wat ‘n wonderlike ervaring om in die liefde en warmte van ‘n ander kultuur te kon deel!

Ander diensverskaffers saam met wie Troumusiek gister aan diens was, en wat ek enige dag sal aanbeveel, is:

Om jou troumusiek te bepsreek, kontak Elanie by elanie.lagrange@gmail.com of skakel/WhatsApp by 0836054423.

Sien uit om jou te ontmoet!

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s