Trou musiek by Stellenbosch Vliegklub

Viool en Klarinet vir jou troumars in Stellenbosch en Kaapstad
Viool en Klarinet vir jou troumars in Stellenbosch en Kaapstad

So dit was ‘n “eerste” vir ons om die Troumars gister by ‘n troue by Stellenbosch se vliegveld te speel.  Met die bruidegom wat ‘n vlieënier van beroep is, kon dit eenvoudig nie anders nie!  Wat ‘n aagenamme ervaring.

Terwyl ons alles regkry en opstel, styg en land daar elke nou en dan ‘n ligte vliegtuig op die aanloopbaan.  Dit bly maar net spesiaal om in iemand anders se passie te deel!  Dankie Johannes en Brenda dat ons deel kon wees van julle baie spesiale troudag by die Stellenbosch vliegklub.

Terwyl die gaste aankom, het ons ligte klassieke musiek gespeel – dit skep keer op keer net ‘n rustige atmosfeer.  Brenda het ingestap op Mendelssohn se troumars en met die uitruil van die ringe, het ons J.S. Bach se “Air on a G-string” gespeel.  Die paartjie stap uit op “The Trumpet Voluntary” om die register te gaan teken.

Om jou trou musiek op viool en klarinet  vir jou troueseremonie en foto-uur te bespreek, kontak Elanie by 0836054423 or e-pos gerus by elanie.lagrange@gmail.com
Lieflike uitsig by Stellenbosch Vliegklub troue

Elke troulokaal of wynplaas waar ons speel hou sy eie bekoring in en word met groot opgewondenheid en noukeurigheid deur die bruidspaar uitgekies.  Die Stellenbosch Vliegklub hou sy eie bekoring in met die pragtiste uitsig op die Stellenbosch berge, en dan nog die vliegtuie wat netjies in gelid op die voorgrond geparkeer word.  Ná die Kaap van Storms se stormweer ons gister byna ontsenu het vir hierdie troue, was ons bederf met windstil sonskynweer en ‘n oopgetrekte hemel.  Vir meer kon ons nie vra nie!

As jy jou troudag herhinneringsvol en spesiaal wil maak met jou troumusiek op viool en klarinet, kontak Troumusiek by elanie.lagrange@gmail.com vir ‘n gratis demonstrasie.  Dis waar ons ontmoet en uittreksels uit al die bekende troumarse speel en net lekker gesels oor jou troumusiek en hoe alles op die dag gaan werk.  Jy kan ook skakel/WhatsApp by 0836054423

Hoor graag van jou!

Troumusiek-Groete

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s