Repertorium

Troumusiek spesialiseer in al die bekende klassieke troumarse waarop ‘n bruid en haar bruidsmeisies kan instap.

Ons kies ons musiek sodat ons dit maklik en mooi kan afeindig – of jou paadjie na die kansel nou lank of kort is, en of julle nou  vinnig of stadig stap – dit maak nie saak nie.  Ons het musiek wat sal werk!

Bruidsmeisie en Bruid se musiek vir instap sluit in:

  • Mendelssohn Troumars
  • Wagner Troumars
  • Trumpet Voluntary
  • Trumpet Tune
  • Canon in D
  • Air
  • Arioso

Terwyl die trougaste opdaag en voor die trouseremonie begin, speel ons ander bekende, gepaste musiek, bv. Jesu Joy of Man’s Desirin’, Dona Nobis Pacem, Leonard Cohen se Hallelujah, ens.  Ons sal genoeg musiek kan speel, selfs as kom jy ‘n paar minute laat!

Na alfoop van die seremonie, skuif ons vinnig oor na die area waar die canapés en drankies bedien gaan word.  Hier skakel ons oor na ‘n ligter en meer ontspannende musiek-styl en ons speel iets wat elke trouganger sal herken.  Ons repertorium sluit musiek soos die volgende in:

  • Pos Una Cabeza (uit “Scent of a Woman”)
  • Lord of the Dans Tema-musiek
  • Fly me to the Moon
  • Over the Rainbow
  • Blues
  • Peer Gynt-suite
  • Hello J.S.B.
  • Spring Song
en nog baie ander!

 

 

 

Advertisements